Ons het vir Elvis Blue wat kom optree – 15 Oktober 2016!

Ons verkoop kaartjie deur ons Kerkkantoor – 011 787 4983.

Bespreek u plek!

Kaartjie se pryse wissel van R250 tot R380.

ELVIS_3 copy ELVIS_49 copy ELVIS_55 copy ELVIS_63 copy

Hier is alles oor ons KUNSTERNAAR wat kom optree!

ELVIS BLUE BIOGRAFIE 2016
Elke jaar is klaarblyklik ‘n WEN-jaar vir die talentvolle liedjieskrywer-kunstenaar Elvis Blue! 2016 was weer ‘n grote, met sy treffer “Shine” wat hom die top verkopende SA kunstenaar op iTunes gemaak het binne die eerste week van vrystelling. Sy 9de studio album en tweede album in sy moedertaal, “Êrens in die middel van nêrens” , het reeds Goue Status bereik en was kort na vrystelling vir weke op die Offisiele SA Top 100 albums. Beide die eerste enkel snit – Die Hemel –, asook die tweede, More kan Maar Kom, was ook reeds landswyd top 10 treffers, en so kry Elvis dit weereens reg om met sy woorde en musiek sy plek in die harte van musiek liefhebbers te sement. Die lied Die Hemel het met gehore landswyd geresoneer en het beide ‘n Bokkie (Bok Radio) asook Vaal FM toekenning ontvang as liedtjie van die jaar. Die liedtjie wen ook ‘n Ghoema in 2016 as die mees afgelaaide luitoon met meer as 280 000 mense wat graag hulle selfone so wil hoor lui!

Met album verkope wat nou die 350 000 merk oorskry, en meer as 750 optredes agter hom, is Elvis een van die hardwerkendste en besigste kunstenaars in Suid Afrika, met sy passie om sy musiek by ieder en elk uit te bring ‘n sterk dryfveer. Sy gewildheid steek ook aan sy vermoë om aanklank te vind by oud en jong, Engels en Afrikaans en om reg oor hierdie twee genres kwaliteit musiek te maak musiek te kan maak. Dit is moontlik omdat Elvis self al die pad van beide voorspoed en teespoed gestap het, wat hom die plat op die aarde aanslag in sy musiek gee waarmee soveel mense van elke sfeer van die lewe kan identifiseer.

Elvis het ‘n huishoudelike naam geword as die wenner van die SA Idols kompetisie wat onselfsugtig sy wengeld met die L’loyd Cele gedeel het wat die tweede plek verwerf het. Sy eerste album na die wen van die kompetisie het binne 28 dae ná vrystelling reeds goue status bereik en ‘n paar maande later het die album platinum-status bereik en is met ‘n SAMA bekroon vir Beste Volwasse Kontemporêre Album. Die opvolg album, genaamd Journey is met nie minder as 3 SAMA-pryse in 2013 bekroon nie, naamlik Manlike Kunstenaar van die Jaar, Album van die Jaar en Liedjie Van Die Jaar vir Lifeline. Met Afrikaans het Elvis weereens met die louere weggestap by die SAMA-toekennings, toe dit bekroon is as die Beste Afrikaanse Volwasse Kontemporêre Album. Hierdie album het Elvis sommer op dag een van uitryk die eerste Afrikaanse sanger gemaak wat daarin kon slaag om op die Top Tien in die iTunes Stores te pryk. Afrikaans het ook Album van die Jaar en Beste Manlike Kunstenaar by die Ghoema Toekennings in 2014 ingepalm. Daarbenewens het Afrikaans ook die Huisgenoot Tempo-musiektoekenning vir Beste Kontemporêre Album ontvang in 2014 en het in September van laas jaar reeds Platinum status bereik. Elvis is ook in 2015 deur sy eweknieë vereër in die wen van die Wawela Musiek toekenning vir Beste Manlike kunstenaar en Komponis – ‘n gesogte toekenning deur SAMRO uitegryk.

Nog ‘n 2015 hoogtepunt vir Elvis was sy samewerking met die doyenne van Afrikaanse musiek, Laurika Rauch. Onder die direksie van Deon Opperman, het hulle produksies Hart en See reeds reg oor die land opspraak gemaak en kan ook selfs op DVD gesien word. Die produksies, wat ook vir ‘n Kanna genomineer is, het die kategorie vir “Beste Live DVD” by die 2016 Ghoema’s gewen. Tesame met Ghoemas vir Beste Luitoon, Manlike kunstenaar van die jaar, Beste liedtjie skrywer, Beste kontemporêre album deur ‘n manlike kunstenaar en Album van die Jaar vir “Erens in die middel van nêrens” en Beste musiek video vir “Die Hemel” het Elvis met 7 Ghoema’s ‘n rekord gebreek as kunstenaar met die meeste Ghoemas ooit.

‘n Man met ‘n groot hart, wat ook bekend is vir sy aanwending van sy media platform vir liefdadigheids werk. Elvis is ‘n ambassadeur vir CANSA en doen veel om bewustheid te kweek. Vele hospice patiente sal getuig van sy onverwagse invalletjies by behandelings sentrums reg oor die land, kitaar in die hand. Verder beywer Elvis homo ok vir Casterbridge Musiek Akademie waar minder bevooregte kinders aan musiek en instrumente bloodgestel word, asook vir Life Community Services in George waar baie kinders se lewens aangeraak word. Sy eie initiatief, genaamd “The Cookiejar”, maar dit moontlik vir enige een wat ‘n optrede bywoon om ‘n direkte verskil te maak deur ‘n eenvoudige bydrae van los kleingeld. Elvis identifiseer Projekte wat werklik ‘n verskil maak en die Cookiejar reis dan saam na elke optrede totdat die finansiele doelwit wat Elvis gestel het bereik word.
Elvis se nuutste engelse album, “Optics” is reeds op iTunes beskikbaar en is vanaf begin Junie in die winkels, met die eerste enkelsnit, “The Tide” ‘n vars, unieke aanslag van ‘n kunstenaar wat lank reeds ‘n lewende legend in die bedryf geag kan word.

(Bo staande Biografie – deur gegee deur Kona Brown)