Provectus beteken “gevorderd”. Is jy gevorderd in jare, ondervinding, lewenswysheid ens? Dan is Provectus die regte groep mense vir jou. Ons kom elke eerste Donderdag van die maand bymekaar. Ons program vir die jaar lyk so:

2 Maart 2017: Praatjie oor Verslawing – 10:00 by die kerk.

6 April2017: Spreker oor beroerte – 10:00 by die kerk.

4 Mei 2017: Forest farm besoek – vertrek vanaf kerk om 10:00

1 Junie 2017: Pannekoek & musiek – by die kerk om 10:00

6 Julie 2017: Sop & Sjerrie  – 10:00 by die kerk

3 Aug 2017: (Gau)Trein na Pta

7 Sept 2017: Namaqua fliek- 10:00 by die kerk

5 Okt 2017: Piekniek – ry 10:00 van die kerk af saam

2 Nov 2017: Lory Zoo Park – vertrek saam om 10:00 van die kerk af

7 Des 2017: Afluitingsete

U is baie welkom om te kom deel in ons pret. Ons sit nie net rond nie, ons kuier en speel lekker saam.

Vir meer inligting kan u vir Dirk Fourie kontak by 083 648 0501.