Ons het ‘n gholfdag gehou vir Barmhartigheid in ons gemeente. Dit was ‘n wonderlike dag, die 31ste Julie 2017. Daar was ‘n ligte windjie, maar die Son was uit en die mense was reg vir gholf speel.

Daar was puik houe gespeel; van die verste hou tot die naaste aan die gat. Daar was goeie set houe gespeel, maar daar was ook balle in die sand en tussen die bosse.

Kyk gerus na die allerlei van foto’s –

Gholfdag 30 Julie 2017 – Wat ‘n lekker dag!