Die Woord van God het ‘n boodskap vir jou lewe. En ons ontdek daardie boodskap as ons God se Bybel lees en bestudeer.

Die Bybel gebruik ‘n baie mooi beeld om dit te verduidelik. As jy net die hele tyd babakos eet, gaan jy maar papperig bly. Jy moet behoorlik kos eet om regtig sterk en gebalanseerd te ontwikkel (1 Petrus 2; 1 Korintiërs 3; Hebreërs 5). Net so met jou “geestelike lewe”. Om Christelik volwasse te word moet jy reg “eet”. Die “kos” wat jy moet eet, is die kennis om te weet wat jy wanneer moet doen. Dit maak jou geestelik volwasse – ja, iemand wat keuses kan maak, en nie net sommer keuses nie, maar die regte keuses. Jy moet immer weet hoe om in moeilike situasies op te tree en wat om dan te doen sodat die Here ook gelukkig is daarmee. Die “bord met God se kos vir jou” is die Bybel.

Ons is tans besig in die Bybelklets, wat vergader om 18:00, by die kerk, met Openbaring. U is welkom om dit saam met ons by te woon. In gesprek met ander mense leer mens net soveel meer.

Vir die van u wat dit nie kan mee maak nie, is u welkom om die onderstaande inligting te gebruik om deur Openbaring te werk.

Mag u groei in u geloof en in u ontdekking van God se wil vir jou!

Lees hier deur op die skakel te druk –

http://nhk-randburg.co.za/bybelklets-die-bestudering-van-die-bybelboek-openbaring/