DIE DRAAK VEG EN VERLOOR… VEG EN VERLOOR…
In hoofstuk 12 begin ʼn nuwe reeks visioene in die hemel wat gekenmerk word deur nuwe taal, beelde en rolspelers. Eintlik is die beginpunt van dié visioene tegnies hier op aarde as ons in 12:1-4 hoor hoe ʼn vrou ʼn Kind in die wêreld bring. Hierdie vrou verteenwoordig die volk van God uit wie die Messias voortkom. ʼn Draak met sewe koppe en tien horings (vgl. Dan. 7:7-8; 20) beveg haar en die Kind. Dit is nie een of ander monster van die Griekse mitologie nie (vgl. ook die oerstryd met Leviatan in Ps. 74:13-14; Jes. 27:1). Die draak se identiteit word in 12:9 bekend gemaak – dit is die slang van Genesis 3, maar ook die duiwel en die Satan. Sy koppe, horings en krone dui op sy mag oor die bose wêreld, asook op sy nabootsing van God se mag……

Bestudeer Openbaring deur hier onder op die skakel ter druk –

http://nhk-randburg.co.za/bybelklets-die-bestudering-van-die-bybelboek-openbaring/