Die mees gewildste Bybel app(Application/Toepassing; Toeps) wat wêreldwyd gebruik word is die ‘YouVersion’ app. Met hierdie app kan jy verskillende Bybels, in verskillende tale, aflaai en gebruik.

 

Die app maak dit moontlik dat jy na verskillende sleutelwoorde kan gaan soek in die Bybel. Verder is daar Leesplanne wat gevolg kan word, waarmee jy die Bybel kan deur lees of wat tematies jou deur die Bybel lei.

Om Bybelstudie te doen was nog nooit so maklik nie en dit is heeltemal gratis deur die ‘YouVersion’ app.

Lees gerus hoe om die app/toeps op jou foon of tablet te laai deur op hierdie skakel te druk.

Elektroniese Bybel – YouVersion – Hoe om app af te laai