Voorsitter: Ds JJ van Sittert

KRUIDENIERSWARE

Het u geweet?
Ons help maandeliks gesinne in ons eie gemeente.
Ons benodig DRINGEND kruideniersware, aangesien ons voorraad uitgeput is. Plaas dit gerus op Sondae in die houer, wat in die voorportaal van die saal is.

Kom ons maak ‘n groot poging om ons mede gelowiges te help.

 

Van tyd tot tyd het ons hande nodig by die kerk. Hande om te kom help bokse pak of tafels skuif of mense aanry of blomme rangskik ens. Dan wil ons graag iemand kontak wat dalk beskikbaar is om met sulke werkies te kom help. En miskien is u juis so ’n persoon wat u tyd beskikbaar wil stel, sou ons helpende hande nodig kry.

U is nie gebonde om met die betrokke saak te moet help nie, dus is u nie vas gevang om hulp te moet verleen, sou die saak of die tyd nie vir u geleë is nie.

Ons bou ’n lys en almal word gekontak en die wat wel kan help, daag op om hand by te sit.

Laat ons weet of u uself beskikbaar kan stel om op so ’n kontaklys te wees as helpende hande.

Kontak ds. Jaco by 0832795816 of epos na jacovs@nhk-randburg.co.za