Ons hou hierdie jaar(2017) ons gemeentekamp by Harbeespoort Oord, naby hartbeespoortdam (langs Mount Amanzi).

Dit gaan plaasvind, 21-23 April 2017.

Elke gesin doen sy eie bespreking by die kerkkantoor. Kies u akkommodasie op die kaart. En meld duidelik die chalet nr met bespreking. Ons gesamentlike aktiwiteite is in die lapa.

Dis ‘n groot oord met baie plek, maar soos dit gaan, word die plekke vinnig geneem. Hulle hou vir ons plekke uit, maar die besprekings moet so gou as moontlik gedoen word.

Daar is baie om te doen vir die kinders.

Ons gaan saam pret hê.

Ons gaan God in die natuur aanbid.

Ons gaan die skepping waardeer.

Ons gaan mekaar waardeer.

Ons gaan lag en groei.