Die kategese begin weer vir ons nuwe jaar. Baie welkom terug aan al die jongmense na die lekker lang vakansie.

Ons hoop julle is opgewonde om met julle nuwe jaar van groei in julle geloof te begin.

Sondag, 15 Januarie 2017, na die erediens kom al ons jong skool-gangers in die kerksaal bymekaar om julle nuwe kategese handleidings te  ontvang en om in julle nuwe klasse ingedeel te word.

Ons wil graag hê dat julle julle name op die klaslys aanbring en dan ook ‘n vorm huis toe neem wat julle ouers asb. na moet kyk en terug antwoord.

 

Welkom terug en mag julle in hierdie jaar net nog nader aan die Here kom deur julle kennis van God.

 

Ds. Jaco