NHK Randburg – Kategese 2021

Video boodskap – druk op die skakel –

https://www.youtube.com/watch?v=yAlyZ2rZtyk

Liewe ouers,

Een van die uitdagings, wat verlede jaar begin het, was – hoe om kategese aan te pak tydens Covid en al die ‘lockdowns’?

Hierdie jaar, 2021, het ons besluit om u as ouers se hulp te gebruik met die oorlewering van die kategese lesse sodat ons kinders steeds bly groei in hulle kennis van God se Woord en hulle liefde vir God!

Ons skop af met ‘n andersoortige benadering tot kategese vir die jaar. Elke Sondag sal daar ‘n tema wees, vir die hele gesin, wat gereflekteer word in die Erediensboodskap, die Hoërskool kategese-les, die Laerskool kategese-les en die lessie vir die kleiner kinders. Dus groot en klein gaan van een tema hoor en die hele gesin kan saam daaroor gesels.

Hierdie lesse sal beskikbaar wees op ons gemeente se webwerf – elke Sondag – en daar is ook, vir die kleiner kinders, ‘n gepaardgaande videotjie oor die verhaal, wat by die tema aansluit, uit die Bybel. Die videotjie sal elke Sondag op ons Facebook-blad en YouTube-kanaal om 10:00 beskikbaar wees.

Druk op die skakel hier onder om by die materiaal uit te kom –

  1. Kain en Abel (Gen. 4:1-16)
  2. Abraham: Die sterre (Gen. 15:1-6)