Die nuwe Kentering-groepe

Om deel van ‘n kerk te wees het vir baie mense net ’n Sondag verbintenis geword en selfs dit word van tyd tot tyd afgeskeep. Tog is jou geloof jou fondasie en dit is waarop jy jou huis moet bou, moedig Paulus ons aan in Matteus 7:21-29.

Ons stel bekend die Kentering-groepe; vir gefokusde geloofsgroei buite erediens. Gedagte: Eenkeer ’n maand kom so ’n groep by ’n bepaalde groepslid se huis byeen vir die bespreking van godsdienstige sake. Kyk uit wanneer ons ’n groep in u omgewing op die been gaan bring en laat weet vir ds. Jaco dat u belangstel om deel daarvan te wees.

Die eerste omgewing vir ons eerste Kentering-groep is:

  • North Riding,
  • Olivedale en
  • Johannesburg-Noord