Jy, op jou mooiste (Click op foto vir uitnodiging)

NHSV op mooiste

Die NHSV, van die Nederduitsch Hervormde Kerk gemeente Randburg, hou op Saterdag, 21 Maart 2015 ‘n dames oggendtee ten bate van bejaardesorg. Die gasspreker is Marlise du Plessis, ‘n Chata Romano Voorkomskonsultant, met die tema JY, op jou mooiste! Marlise gee wenke om ons voorkoms, grimering en klerekas te vernuwe. Corlia van Wyk lewer ‘n sang-item. Tee en heerlike verversings word bedien. Daar is stalletjies so na ‘n vrou se smaak waar onder:

· Slimming faktory en skoonheidsalon wat R350 se pedi- en manikure weg gee.

· ʼn Handsak stalletjie. Die dame maak vir ʼn behoeftige instansie die mooiste handsakke vir dames en dogtertjies maak. Dis werklik pragtig. Sal foto’s neem en vir julle stuur van die handsakkie vir ʼn dogtertjie wat ek nog by my het.

· ʼn Hekelstalletjie: Die dame hekel die mooiste teemussies ens.

· Fashion Hub klere: Coenie Botha . Hy skenk ook ‘n koopbewys van R500 van Fashion Hub.

· Chata Romano: Marlise du Plessis. Sy is die gasspreker en skenk ook die makeover ter waarde van R6950.

· Chirpy Chicks klere reeks vir tieners en mammas. SONIA

· Scrapbooking- Ingrid

Die program is soos volg:
09:00 – 09:30 Sjampanje, stalletjies en kuier!
09:30 – 09:45 Opening en verwelkoming
09:45 – 10:00 Sang item (Corlia van Wyk)
10:00 – 10:15 Skink ‘n glasie en vul jou bordjies.
Koop ‘n lootjie en staan ‘n kans om ‘n voldag Makeover ten bedrae van R6950 te wen.
10:15 – 11:00 JY, op jou mooiste! Vernuwe jou voorkoms, grimering en klerekas. (Marlise du Plessis, Chata Romano Voorkomskonsultant)
11:00 – 11:15 Gelukkige trekkings vir bederf pryse.
11:15 – 11:45 Koffie, kuier en stalletjies – “What a girl wants!”

Is jy beskikbaar en bereid om vir ons die opening te hanteer en die seremoniemeester te wees?

Vriendelike groete

Christa Clifton
T: 011 919 9117
S: 082-566-1907
F: 011 919 0205
E: christac@atkv.org.za