Provectus begin weer ‘n nuwe jaar!

kickoff

U is baie welkom om te kom deel wees van hierdie klomp vriendelike en wonderlike mense wat jare se wysheid, ervaring en streke op gedoen het!

Elke jaar word daar dinge beplan en uitgevoer vir elke maandelikse byeenkoms. Hierdie groep is nooit verveeld nie.

Kom maak kennis – 11 Desember 2018 om 10:00 by die kerk. Die groep gaan hulle planne beraam vir die nuwe jaar en ons wil hê u moet ‘n bydra kom maak.

Sien uit daarna om u by die eerste geleentheid te sien!