Provectus – die senior lidmate geselskap – besoek elke jaar Forest Farm (gestremde gemeenskap).

Hierdie jaar gaan ons weer hierdie mense besoek. Ons gemeente het ook onder hierdie gemeenskap gemeentelede.

Provectus nooi u uit om saam te kom. Ons gaan Donderdag, 3 Mei, om 10:00 by die kerk bymekaar kom en van daar af na Forest Farm toe ry.

Ons groet die inwoners in Forest Farm se saal waar ons vir hulle ‘n gedeelte uit die Bybel lees, bid en vir hulle koekies uitdeel!

Ons is baie dankbaar vir elke gemeentelid wat vir ons hordes koekies geskenk het waarmee ons die Forest Farmers kan gaan bederf!

Vir meer inligting oor Forest Farm gaan kyk gerus op hulle webwerf – https://www.forest-farm.org/

flat_logo