Natuurlik is een van ons grootste geleenthede ons Basaar! Hierdie jaar weer was daar groot pret met ‘n sangeres, Sonja Herald, wat ons kom vermaak het, terwyl die stalletjies pannekoek, kerrie en rys, spit-rolle, worsbroodjies en nog baie meer verkoop het.

Die kinders het lekker speletjies kon speel en die ouers kon die teetuin geniet.