Episode 3 wys vir ons dat om die Bybel met wysheid te lees, word daar van jou verwag dat jy kennis sal neem van die antieke literatuurstyle wat deur die Bybelse outeurs gebruik was. Hierdie skrywers het hulle idees en oortuigings uitgedruk deur ‘n variasie van verskillende tipes literatuur en hierdie video ondersoek waarom dit belangrik is om die verskillende tipes literatuur uitmekaar te ken, sodat ons die boodskappe kan hoor volgens die outeurs se terme.