In ‘n Bybel leesplan lees ek van Casey en Rebecca wat deur 1000de kilometers van mekaar geskei was vir meer as 2 jaar en nou weer met mekaar verenig is. Iemand het ‘n videokamera gegryp om die oomblik van hereniging vas te vang. En die vreugde wat mens daarop sien was hartroerend.

Daar was baie drukkies en trane van blydskap. Dit was ‘n perfekte prentjie … totdat Casey flou geval het. Hierdie uittreksel op Youtube beeld dit uit.

Kyk video – https://www.youtube.com/watch?v=rp03AorAWLY&t=2s

Vir ‘n oomblik het die hond ‘n mens laat skrik, nie waar nie. Casey is ‘n miniatuur Schnauzer. Hy het vir twee jaar nie sy eienaar, Rebecca gesien nie, want sy het gaan werk in Slowenië. Om weer sy eienaar te sien was net te veel vreugde vir die arme hond. Vanweë sy vreugde het hy uit-gepaas.

 

As ‘n miniatuur Schnauzer soveel vreugde het in sy eienaar se teenwoordigheid, hoeveel te meer moet ons vreugde nie wees in die teenwoordigheid van Jesus nie!

Lees gerus hier verder – sondag-14-januarie-2018-vreugde-in-sy-teenwoordigheid