U is almal sekerlik bekend met hierdie volgende vertelling, maar kom ek vertel dit weer –

 

Daar was ‘n man en sy vrou wat op vakansie see toe gegaan het. Hulle was ingeboek by ‘n hotel wat op die see uitgeloop het. Hierdie twee mense was baie hardwerkend in hulle beroepe, ernstig oor familie en kerk, maar hulle het baie ernstig nodig gehad om ‘n bietjie weg te breek. Een aand was daar ‘n hewige storm en dit het die golwe hard laat breek op die strand en die rotse. Die man het daar in die bed by homself gedink aan al die storms in sy eie lewe en die aanhoudende verwagtinge wat sy besigheid na hom toe gebring in sy lewe en die stremming wat dit op sy persoonlike lewe het. Later daardie aand het die storm stil geraak en gaan lê. Die man het lekker vroeg die volgende oggend op gestaan om te gaan kyk watse skade die storm alles aangebring het.

Al langs die kuslyn het hy duisende seesterre gesien lê. Dit sou nie lank neem nie, dan sal die son deur die wolke breek en die seesterre uitdroog. Gestrand op die sand sou die seesterre hulpeloos doodgaan.

Maar toe merk die man op dat ‘n klein seuntjie besig was om iets in die water te gooi. Die seuntjie was besig om ‘n seesterre in die water te gooi, een vir een.

Die man vra hom toe, “Waarom gooi jy die seesterre terug in die water? “Daar is so baie van hulle. Watse groot verskil kan jy maak terwyl daar honderde seesterre hier op die strand lê?”

“Wel u is reg,” het die seuntjie geantwoord terwyl hy nog ‘n seester optel en in die water gooi. Soos die seester in die water afsink kyk hy na die man en sê, “Maar dit maak wel ‘n verskil vir daardie een seester.”

(Denis Waitley, Seeds of Greatness)

 

Lees gerus verder deur op volgende skakel te druk –

Sondag 28 Oktober 2018