GEMEENTE VAN RANDBURG
Die woord “ouderling” is aan die Ou Testament ontleen en dui ‘n persoon aan wat die “regeeramp” beklee wat “toesighoudende gesag”. Hulle is persone wat “leiding gee en neem”.
Ons Ouderlinge, as u verteenwoordigers, doen hierdie opdrag met die DIENSKARAKTER op die voorgrond: – soos Jesus ons leer in Markus 10:45, nl. “Die Seun van die Mens het nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien”.
Ons wil ook graag deel in gemeentelede se
• Beproewings en probleme
• Geluk en vreugdes
• Prestasies en mislukkings
Soos Romeine 12:15 ons leer nl. “Wees bly met die wat bly is en treur met die wat treur.”
Ons strewe na die gemeente waar daar
• Saam gewerk word met ..
• Betrokkenheid is by ….
• Ondersteuning gegee word aan..
• Belangstelling is in wat ons ook al doen.
Want slegs só sal ons groei en bloei.
Ons glo sterk dat die boustene van die gemeente is waar
• Orde, dissipline roetine geld
• Geesdrif, entoesiasme en kreatiwiteit heers
• Dinge vars en nuut is en weg van die starre en geykte van die verlede.
Ons nooi u uit: word deel, wees deel en bly deel in ons melewende gemeente waar “geloof oorgaan in werke.”

Voorsitter: PD Britz
- Ons poog om vir elke wyk ‘n ouderling te hê.
- Hy/sy besoek die wykslede minstens 4 keer per jaar.
- Ouderlinge word tydens gemeentevergaderings verkies.
- Kontak my gerus d.m.v. die kerk kantoor vir n afspraak.