As ‘n geloofsgemeenskap is dit ons voorreg om kinders te doop in die Naam van ons Vader en ons kinders deel maak van God se kerk. Ons doop elke maand.
Ons doop gewoonlik die eerste Sondag van elke maand. Voor u wel u kind doop wil ons graag met u ‘n gesprek hê oor die sakrament van die Doop. Hierdie gesprek vind plaas – die tweede laaste Donderdagaand van elke maand om 18:00 by die kerk – die maand voor die Sondag van die Doop,
- As u in Februarie, die eerste Sondag wil doop, dan wil ons graag in Januarie, die tweede laaste Donderdag van die maand om 18:00 by die kerk met u as ouers/voogde ‘n gesprek hou.
Enige een van ons predikante kan die Doop hanteer. As u ‘n behoefte het dat ‘n bepaalde dominee u kind doop kan u die dominee kontak –
Ds. CJ van Wyk – 082 898 2345
Ds. Jaco van Sittert – 083 279 5816
Ons wil graag ‘n foto van u kind gebruik tydens die erediens en u kan dit deur stuur aan die kerkkantoor of die bepaalde predikant –
Vir enige inligting aangaande die Doop kan u gerus die predikante kontak.