Wat is Alpha?

Dis ʼn reeks interaktiewe sessies wat die basiese sake van die Christelike geloof verken.

Vir wie is dit?

Dis vir enige iemand wat die groot vrae oor die lewe, geloof en sin, wil verken.

Hoe werk dit?

Word oor 12 weke aangebied. Drie goed is teenwoordig: Eetgoed, ʼn kort aanbieding en gesprekke waar jy jou gedagtes kan deel.

Hoeveel kos dit?

Daar is geen kostes verbonde aan Alpha nie.

Ek stel belang

As jy belangstel kontak Jaco by 083 279 5816 of vul die blaadjie in en laat dit by die kerk.

Opkomende sessies

3 Maart         07:30 – 09:00 –     Hoekom en hoe bid ek?

10 Maart        07:30 – 09:00 –     Hoe en hoekom moet ek die Bybel lees?

17 Maart        07:30 – 09:00 –     Hoe lei God ons?

24 Maart        07:30 – 11:00 –     (Lang sessie) – Die Heilige Gees

21 April         07:30 -09:00 –       Hoe kan ek die bose weerstaan?

5 Mei           07:30 – 09:00 –      Hoekom en hoe moet ek ander vertel van Jesus?

12 Mei          07:30 – 09:00 –      Maak God vandag gesond?

26 Mei          07:30 – 09:00 –      Afsluitings sessie – Wat van die Kerk?

Probeer die Alpha belewenis