Ons glo dat die Here deur sy Gees by hierdie feesmaal teenwoordig is. Wanneer ons die brood en wyn ontvang, herinner dit ons dat ons verlos is deur die dood en opstanding van Jesus Christus. Deur geloof in Jesus Christus het ons saam met Hom gesterf en staan ons saam met Hom op tot ‘n nuwe lewe!!!