Ons het die voorreg om gebruik te maak van die liturgiese kleure in ons kerkgebou en erediens. Ons het ook die liturgiese bande wat deur die predikant gedra kan word wat pas by besondere geleenthede.
In die diensboek van die kerk staan daar –
Die erediens as die besondere ontmoeting met die lewende God, wat ons byeenroep en wat steeds dinamies en nuut met ons handel, is ‘n geleentheid om altyd weer opnuut deur God se aanspreke verander te word. Die erediens behoort daarom nie in geykte vorms te verval nie.
…
Die samekoms van die gelowiges staan ook altyd binne ‘n bepaalde tyd in die jaar – die Kerkjaar is die polsslag waarmee die kerk van Christus lewe. Die erediens het ‘n bepaalde grondstruktuur en bevat handelinge wat fundamenteel in elke erediens tuishoort, maar die spesifieke aard, tema en inhoud van ‘n erediens word veral deur die Kerkjaar of liturgiese jaar bepaal en verder deur besondere geleenthede in ‘n gemeente se lewe.
Dis lekker om gefokus aandag te kan gee, dwarsdeur die jaar, aan besondere sake wat help met ons geloofsgroei!
Goeie dag.
Ek is ouderling in my gemeente (van die NHK) en het n bepaalde probleem met die verloop van eredienste in ons gemeente.
Ek hoop ek kan meer duidelikheid kry aangaande dit wat ek n antwoord soek en hoop u sal my kan help.
MY probleem en ook van n getal gemeentelede,wat die NHK wil verlaat na ander denominasies agv.van die verloop en gebeure tydens eredienste waaraan ons nie gewoond is nie,is as volg.
Daar word tyd spandeer aan n sg.'”interaksie “‘waar daar van gemeentelede verwag word om n bepaalde bespreking te hou met mekaar aangaande frases uit die preek bv.Daar word ook verwag
van gemeentelede om sekere verbandhoudende woorde of aspekte, wat op skerm vertoon word,en word die sg oplettendheid van gemeente getoets deur lukraak antwoorde te verskaf aan die predikant!!!!!Ek wil weet of hierdie aksies ge-oorloof is volgens die diensboek en of dit nie die etos van die erediens van die kerk soortvan afwater nie?
Ek dank u hartlik