Vanoggend se diens is ‘n voorbereidingsdiens vir komende Sondag se Nagmaal. En soos u gehoor het, het ons gelees van Jesus wat hier aan die woord is. Hy is in woordewisseling met ander Jode. Van hulle ken Hom goed en van hulle is ook Sy eie dissipels.
Net terloops, dit is belangrik dat ons sal onthou dat Jesus nie net 12 dissipels gehad het nie, maar dat daar ‘n groot klomp mense was wat na Hom geluister het en Hom gevolg het en by Hom geleer het. Hy was vir hierdie mense wat Hom gevolg het ‘n Rabbi; ‘n leermeester.
Jesus maak bekend dat Hy die Seun van God is. Hy ken die Vader en almal wat in Hom glo, sal vir ewig lewe, omdat Hy in hulle plek hulle sonde voor God sal dra. Hy sal die gebroke verhouding tussen God en mens herstel. Ek u hoor dat ‘n groot klomp mense net in Hom glo nie.

 

Lees gerus verder deur die PDF hier onder oop te maak –

sondag-13-augustus-2017-opgee-en-padgee