Broers en susters in onse Here Jesus Christus:
Daar is verseker ‘n rede agter alles wat jy in die lewe doen, nie waar nie. Een plus een gee vir jou twee, en daarom doen jy wat jy doen.

 

Die skool sisteem neem ‘n baie groot deel van jou jongmense lewe op. Ons is, of was deel van die skool sisteem omdat ons daar gaan leer het om te sosialiseer, saam met ander kinders te leer, te dink en saam te werk. Ons leer daar hoe die wêreld werk en ons raak bekend met verskillende onderwerpe wat ons help om ons toekomstige beroepe te kies. Dan gaan leer ons daarin om eendag ‘n werk te beoefen, maar ook ‘n salaris te verdien sodat jy vir jouself en die mense vir wie jy lief is ‘n omgewing kan skep. Saam met dit kom stokperdjies en sport, met pret en plesier.

Van ons kry dit nogal goed reg, deur hierdie resep te volg. Soms is dit moeilik, maar vir baie mense is daar ‘n rede vir waarom jy by hierdie manier van dinge doen bly. Dit spreek jou behoeftes aan. Dit maak vir jou sin.

 

En dis waar dit vir baie mense bly. Dit vir baie mense genoeg en dis waar mense vashaak.

 

Lees gerus verder deur op die skakel te druk –

Sondag 28 Julie 2019 – Erediens bywoon – Jy hoef nie