Broers en susters in onse Here Jesus Christus:
So baie dinge in hierdie lewe neem ons aandag en ons tyd. Soms het ons teveel tyd. Dalk is dit wat u nou in hierdie afsonderings-tyd het; teveel tyd.

Soms het ons te min tyd. Mense sal sê daar is te min ure in ‘n dag om by al ons werksaamhede uit te kom.

Wat maak ons met ons tyd? – is ook ‘n ander belangrike vraag. Baie van jou tyd sluit jou gedagtes in. ‘n Mens het gemiddeld 48, 6 gedagtes per minuut. Dit tel op na 70 000 gedagtes per dag.

‘n Vererde vraag is – is dit goeie gedagtes of slegte gedagtes? Want ons gedagtes vorm ons lewe!

Verder kan jou gedagtes jou emosionele toestand bepaal. Hoe jy dink en wat jy dink, werk direk op hoe jy voel. Dus, as jy jou gedagtes kan bestuur, kan jy jou emosie bestuur. Daarom is dit belangrik dat, veral gelowiges, hulle gedagtes moet bestuur.

 

En hoe doen jy dit?

Wel, dit sirkel weer terug na waarmee hou jy jouself besig? Dit wat jou aandag die meeste okkupeer, sal jou omstandighede, jou geloof en jou lewe radikaal beïnvloed.

 

Kyk gerus verder na die opname –

https://www.youtube.com/watch?v=cJH6zMduzEw

Lees gerus verder deur op die volgende skakel te druk –

Sondag 29 Maart 2020 – Eerbiedige aanbidding

Geseënde tyd vir u!