Skip to content Skip to footer

Wanneer ’n vriend ons verraai het

Geneem uit die boek van

Selwyn Hughes

Skep nuwe moed

Bybelse hulp vir swaarkrytye

 

As mens die woord ‘verraai’ hoor dan klink dit skrikwekkend. Om iemand te verraai beteken, anders gesê in die Afrikaans, om verraderlik teenoor hulle op te tree. Verraad is die teenoorgestelde van getrouheid en omdat  trou vir die mens baie belangrik is, haat ons die gedagte van verraad. In hierdie harde wêreld word ons nie meer sommer verras as ons vyande ons seermaak nie, maar niemand verwag om deur ’n vriend seergemaak te word nie.

Ons kan sê dat daar min dinge is wat ons Heer seerder kon gemaak het as om deur een van sy eie dissipels verraai te word. Hoe verwerk ’n mens verraad? Hoe gemaak ’n mens wanneer ons deur ’n vriend verraai is?

 

Eerstens, moet ons die seerkry wat ons in ons het, na God neem en Hom vra om ons harte te verlig met Sy teenwoordigheid. Wie kan beter as Jesus met ons simpatiseer oor hierdie soort probleem? Dit is baie maklik om in sulke omstandighede op verkeerde plekke troos te soek – party mense vlug na drank, vermaak, literatuur, ensovoorts. Sommige mense probeer selfs om die gebeure heeltemal uit hulle bewussyn te weer. Maar ons moet alle pynlike situasies onder oë neem, maar dit hoef nie te beteken dat ons daaroor moet tob nie. Ons moet God toelaat om na ons om te sien wanneer ons seergekry het; Hy is die enigste Een wat die siel nuwe krag kan gee.

 

Omdat seerkry so maklik tot wrokkigheid en woede ens. kan oorgaan, moet ons met die hulp van ons Here ons harte leegmaak van bitterheid en daarna werk om te, vergewe. Ons moet verstaan dat vergifnis nie altyd ’n verandering in die ander persoon sal meebring nie (of nie eens ’n waarborg is dat hy of sy in guns herstel sal wil word nie), maar dit verseker die bevryding van ons eie siel.

Die kruis van ons Here Jesus Christus staan en roep met wydoop arms na almal wat verraai is. Die kruis sê: ‘Dit is hoe Jesus teenoor sy vyande opgetree het… sowel as teenoor die vriende wat Hom verraai het.’ As ons dit by Christus dan so sien, hoe kan ons dan anders as om ook te vergewe?

 

Bybelse verwysings

Hoe nader die vriendskap, hoe seerder  maak dit

Psalm 55:

13 As dit nog my vyand was wat my smaad aangedoen het, sou ek dit kon verdra; as dit ’n teëstander was wat my wou verneder, sou ek hom kon probeer vermy. 14 Maar nou is dit jy, ’n man soos ek, my maat en my goeie vriend.

 

Die Here is ook verraai

Lukas 22:

47 Terwyl Jesus nog praat, kom ’n klomp mense daar aan. Die een wat Judas genoem is, een van die twaalf, het hulle gelei en nader gekom na Jesus toe om Hom te soen. 48 Maar Jesus sê vir hom: “Judas, verraai jy die Seun van die mens met ’n soen?”

 

Verraad is ’n universele en eeue oue probleem

Miga 7:

6 Die seun beledig sy pa, die dogter kom in opstand teen haar ma, die skoondogter teen haar skoonma. ’n Man se huismense het sy vyande geword.

 

Dra alle wraakgedagtes aan God oor

Romeine 12:

19 Moenie self wraak neem nie, geliefdes, maar laat dit oor aan die oordeel van God. Daar staan immers geskrywe: “Dit is my reg om te straf; Ék sal vergeld,” sê die Here.

 

Laat God jou siel nuwe krag gee

Psalm 23:

2 Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. 3 Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam.

 

Moenie terugkap nie

1 Petrus 3:

9 Moenie kwaad met kwaad vergeld of belediging met belediging nie. Inteendeel, antwoord met ’n seënwens, want daartoe is julle geroep, sodat julle die seën van God kan verkry.

 

Besef hoeveel vergifnis jy self ontvang het

Kolossense 3:

13 Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.

 

Jesus vergewe en Hy kan jou help om ook te vergewe

Lukas 23:

34 Toe sê Jesus: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!”

Adres

1 Kerk Avenue, Ferndale, Randburg, 2194

Kontak Ons

NHK Randburg © 2025. All Rights Reserved.