Die logo het swaeltjies (en ‘n duif) wat oor ons kerkgebou se dak vlieg. Die kerkgebou is ‘n baie unieke stuk argitektuur in Randburg en is ‘n bekende baken in die gemeenskap.

Swaeltjies doen in hul groepsverband presies wat van hulle verwag word, hulle is so kein, maar saam vlieg hulle oor kontinente. So simboliseer hul die werking van ons kerk. Saam vermag ons groot uitdagings om die Woord van God aan die wêreld te verkondig. Nes swaeltjies ondersteun ons mekaar en versorg ons mekaar. Ons doen alles, soos swaeltjies, met trots. Ons leef ons talente uit soos God verwag ons moet ten spyte van ons kleinheid in hierdie wêreld.

Met die Heilige Gees tussen ons, gesimboliseer deur die duif, kan ons uitvoering gee aan ons leuse: Geloof In Aksie.

Die leraar van die gemeente en gesin –

Ds. Jaco van Sittert en Familie