Skip to content Skip to footer

Begrafnisse

Voorsitter: E van der Walt & C Grobler

  • Stel asb. dadelik die predikant in kennis as daar dood in die familie is.
  • Begrafnisreëlings word deur die Begrafnisondernemer in oorleg met die Predikant en Kerkkantoor gedoen.
  • Gesels gerus eers met die Predikant oor ’n betroubare en goeie Begrafnisondernemer. (Jare se ondervinding het ons geleer wie goed is en wie nie)
  • Onthou dat die Begrafnisboekie/polis jou nie bind aan een spesifieke Ondernemer nie. Die polis betaal uit aan enige Ondernemer.
  • Finansiële verpligtings t.o.v. die kerkpersoneel is ter sprake. Dit word meestal deur die Ondernemer betaal en ingereken in die totale koste van die begrafnis.
  • Reëlings t.o.v. verversings moet ook getref word. Lidmate van die gemeente ontvang hierdie diens gratis.
  • Indien verassing ter sprake is, onthou gerus dat daar ’n Gedenktuin op ons kerkterrein is.Kliek hier vir meer inligting oor die Gedenktuin.
Adres

1 Kerk Avenue, Ferndale, Randburg, 2194

Kontak Ons

NHK Randburg © 2025. All Rights Reserved.