Voorsitter: E van der Walt & C Grobler
- Stel asb. dadelik die predikant in kennis as daar dood in die familie is.
- Begrafnisreëlings word deur die Begrafnisondernemer in oorleg met die Predikant en Kerkkantoor gedoen.
- Gesels gerus eers met die Predikant oor ’n betroubare en goeie Begrafnisondernemer. (Jare se ondervinding het ons geleer wie goed is en wie nie)
- Onthou dat die Begrafnisboekie/polis jou nie bind aan een spesifieke Ondernemer nie. Die polis betaal uit aan enige Ondernemer.
- Finansiële verpligtings t.o.v. die kerkpersoneel is ter sprake. Dit word meestal deur die Ondernemer betaal en ingereken in die totale koste van die begrafnis.
- Reëlings t.o.v. verversings moet ook getref word. Lidmate van die gemeente ontvang hierdie diens gratis.
- Indien verassing ter sprake is, onthou gerus dat daar ’n Gedenktuin op ons kerkterrein is.Kliek hier vir meer inligting oor die Gedenktuin.