- Ons kerk bedien die doop aan kinders en aan volwassenes (wat nog nie gedoop is nie)
- Ons beskou die doop as ’n teken van God se verbond met die mens.
- Die doop vind gewoonlik die eerste Sondag van elke maand plaas.
- Die doopgeleenthede word duidelik op die kerk se kalender aangedui.
- Uitsonderings vir ander Sondae kan egter nie gemaak word nie.
- Doopkategese moet deur die ouers van die kinders bygewoon word. Dit vind gewoonlik plaas op die tweede Donderdag voor die doop. Datums word aangedui op die kerk se kalender.
- Indien u die doop in Engels of Tweetalig bedien wil hê, kan u gerus daarvoor vra.
- Tydens die doopgeleentheid mag foto’s en/of video’s geneem word.
- Dis egter belangrik dat u vroegtydig u naam opgee indien u u kind wil laat doop.
- Doop aan volwassenes geskied na hul katkisasie tyd, tydens hul aflegging van Openbare Geloofsbelydenis.