Ons kerk se fondsinsamelingprojekte is ‘n ware getuienis van ons kerk en ons gemeenskap se samehorigheid en liefde. Elke jaar bied ons ‘n verskeidenheid geleenthede aan, soos ons jaarlikse basaar, markte met plaaslike handgemaakte produkte, en optredes deur bekende kunstenaars. Hierdie inisiatiewe is nie net ‘n manier om fondse in te samel nie, maar ook ‘n geleentheid om saam te kom en die gemeenskap te versterk. Die fondse wat ons insamel, help ons om gesinne in nood te indersteun of om noodsaaklike herstelwerk aan ons kerkgeboue te doen.
Deur deel te neem aan ons fondsinsamelingsprojekte, dra jy by tot die bou van die Koningkryk van God. Jou bydrae maak ‘n verkskil in die lewens van baie mense en help ons om ons missie voort te sit. Ons nooi jou uit om deel te wees van hierdie wonderlike reis, waar elke klein bydrae ‘n groot impak het. Kom sluit aan by ons volgende geleentheid en beleef die vreugde van gee en saamwerk vir ‘n groter doel.
Hou die Kalender dop vir die volgende geleentheid om deel te wees.