Die Bybel bestaan uit verskillende tipe literatuur en dit help baie om te verstaan hoe die verskil in literatuur jou verstaan van gedeeltes kan help en jou begelei om sekere verse en bedoelinge beter te interpreteer en reg te verstaan en uit te leef.
Daar is soveel in ons Bybel opgesluit dat mens baie maklik net bolangs kan lees en nie altyd dieper kan kyk en dieper verstaan nie.
Dis soos jou kennis van jou selfoon – daar is so baie funksies, maar ons gebruik net dit wat ons dink ons nodig het en wat ons verstaan, maar die dag as jy ‘n bietjie rond snuffel en meer probeer uitvind, dan ontdek jy dat jou foon eintlik soms dinge makliker kan maak vir jou en kom jy agter dat jou foon baie meer waarde kan toevoeg tot jou lewe.
Hierdie video-reeks help jou om bewus te wees van belangrike sake, as jy die Bybel lees en bestudeer, wat God wil hê jy moet weet en ontdek vir jou eie lewe.
Die video’s is regtig baie kort, maar dit gee baie duidelike inligting.
Neem die tyd en gaan deur hierdie reeks en ontdek hoe die Bybel jou nuuskierigheid prikkel!
- HOOFSTUK 1 – Wat is die Bybel?
- HOOFSTUK 2 – Die storie van die Bybel.
- HOOFSTUK 3 – Literatuurstyle in die Bybel
- HOOFSTUK 4 – Antieke Joodse Meditasie-literatuur
- HOOFSTUK 5 – Die storielyn in Bybelse narratief
- HOOFSTUK 6 – Karakters in die Bybelse narratief
- HOOFSTUK 7 – Plekke/plasings in die Bybelse narratief
- HOOFSTUK 8 – Ontwerppatrone in die Bybelse narratiewe
- HOOFSTUK 9 – Die kuns van Bybel poësie
- HOOFSTUK 10 – Metafore in Bybelse poësie
- HOOFSTUK 11 – Die Psalm boek
- HOOFSTUK 12 – Die profete
- HOOFSTUK 13 – Bybelse wette
- HOOFSTUK 14 – Die Boeke van Salomo
- HOOFSTUK 15 – Die evangelies
- HOOFSTUK 16 – Die gelykenisse van Jesus
- HOOFSTUK 17 – Nuwe Testamentiese briewe: Historiese konteks
- HOOFSTUK 18 – Nuwe Testamentiese briewe: Literêre konteks
- HOOFSTUK 19 – Apokaliptiese literatuur