Die Nederduitsch Hervormde Kerk Randburg is ‘n gemeente van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika.
Die gemeente bestaan tans uit ongeveer 507 lidmate, wat uitkomstig is uit feitlik al die noordelike voorstede van Johannesburg.
Die gemeente predikant is ds Jaco van Sittert.

Kinderbediening is ‘n hoë prioriteit in ons gemeente.
Eredienste word in Afrikaans aangebied en so ingeklee dat oud en jonk daarmee aanklank kan vind.
Binne ‘n postmoderne gemeenskap word gelowiges begelei om in ‘n onseker wêreld ‘n verskil te maak, deur hul geloof om te sit in dade.

Ons Logo

gemeente logo finaal

Die logo het swaeltjies (en ‘n duif) wat oor ons kerkgebou se dak vlieg. Die kerkgebou is ‘n baie unieke stuk argitektuur in Randburg en is ‘n bekende baken in die gemeenskap.

Swaeltjies doen in hul groepsverband presies wat van hulle verwag word, hulle is so kein, maar saam vlieg hulle oor kontinente. So simboliseer hul die werking van ons kerk. Saam vermag ons groot uitdagings om die Woord van God aan die wêreld te verkondig. Nes swaeltjies ondersteun ons mekaar en versorg ons mekaar. Ons doen alles, soos swaeltjies, met trots. Ons leef ons talente uit soos God verwag ons moet ten spyte van ons kleinheid in hierdie wêreld.

Met die Heilige Gees tussen ons, gesimboliseer deur die duif, kan ons uitvoering gee aan ons leuse: Geloof In Aksie.

Die leraar van die gemeente en gesin –

image

Ds. Jaco van Sittert en Familie