Toe hy sewe jaar oud was, is sy gesin uit hulle huis uit forseer wees ‘n wetlike tegniese punt en hy was gedwing om te werk sodat hy sy gesin kon ondersteun.
Toe hy 9 oud was is sy ma oorlede.
Teen 22 het hy sy werk as ‘n stoor klerk verloor. Hy wou bitter graag regte gaan studeer maar sy skoolopleiding was nie goed genoeg nie.
Teen 23 het hy skuld aangegaan om ‘n mede vennoot in ‘n klein winkel te wees.
Toe hy 26 jaar oud was is sy besigheidsvennoot oorlede en het sy vennoot hom gelos met ‘n groot hoeveelheid skuld wat hom baie jare geneem het om terug te betaal.
Teen 28 het hy die vrou by wie hy vir 4 jaar lank gekuier het gevra om met hom te trou. Sy het vir nee gesê.
Teen 37 met sy derde probeerslag is hy verkies tot die Kongres, maar twee jaar later is hy nie weer verkies nie.
Toe 41 jaar oud was het sy vier jarige seun gesterf.
Teen 45 het hy vir die Senaat mee geding en verloor.
Op 47 het hy misluk as visie-presidensiële kandidaat.
Op 49 het hy weer meegeding vir die Senaat en verloor.
Teen 51 is hy verkies tot die president van die VSA. Sy naam was Abraham Lincoln. En baie mense sien hom as die beste President wat die VSA nog ooit gehad het.
Sommige mense kry al die geleenthede.
Weet u, dis nie maklik om aan te gaan wanneer alles lyk of dit ‘n mislukking is nie.
Dis glad nie maklik om aan te gaan as dit lyk of alles teen jou werk nie.
En dit is definitief nie maklik as mense en omstandighede vir jou sê jy moet opgee nie… dat jy jou tyd mors… dat dit niks waarde het nie.
Dis glad nie maklik… as jy die enigste mense is wat weet dat dit wat jy doen is reg nie. Dis nie maklik nie…
LEES GERUS HIER VERDER –
Sondag 4 Julie 2021 - Vasberadenheid Lukas 13 vers 31 tot 35