Groen boks logo

Elke jaar maak ons nie-bederfbare kos en benodighede bymekaar vir behoeftige gesinne wat deur die OSR(Ondersteuningsraad) van die Hervormde Kerk, geïdentifiseer is. 

Ons vra u om weer hierdie jaar te help met hierdie projek. U kan ‘n lysie by die kerk kry, op die agterste toonbank. Op hierdie lysie is die items wat ons graag bymekaar maak vir die projek.

U kan alles op die lysie koop en dit terug bring na die kerk toe, waar ons dit dan bymekaar maak en sorteer vir uitdeling.

 Baie dankie vir u hulp.