Geliefdes van ons Here Jesus Christus,
Verlede week het ons gekyk na wat Jesus vir sy dissipels gesê het oor Sy opoffering wat Hy vir hulle sou maak. Hy het op hulle harte geruk deur hulle aan te moedig om Sy liggaam te eet en Sy sy bloed te drink. Hulle het mooi verstaan dat Hy nie van kannibalisme praat nie, maar dat Hy word die Paaslam wat vir hulle boete doen by God en dat Hy word die bloed, daardie bloed wat op die altaar gespat is deur die priester omdat die bloed die essensie van lewe in het(het hulle geglo), so gee Jesus Sy essensie, Sy wese, wat namens die mens straf ontvang voor God.
Baie van Sy dissipels het omgedraai en weg geloop. Hulle wou nie afsien van hulle aardse gemak nie. Hulle wou nie glo dat Jesus die plek inneem van hulle ophoudende rituele nie, en dat Hy vir eens en ver altyd hulle red van die ewige dood nie. Ons tema was toe verlede Sondag – opgee en padgee – wanneer mens nie regtig met God in verhouding wil tree nie, nadat hulle besef het wat Jesus vir hulle gedoen het nie, deur Jesus se sterf aan die kruis.
Vandag sê ons, NEE!
Lees gerus – ‘Van die eenkant na die anderkant van die kruis’ – hier onder aangeheg:
sondag-20-augustus-2017-nagmaal-vasberade-en-ywerig