Ons trek vandag al by ons sesde kenteken. Op die ou einde behoort ons na 8 kentekens te gekyk het. Hierdie kentekens is eienskappe wat ek en jy kan aanleer en uitleef omdat ons dissipels van Jesus is. In teendeel, dis wat Jesus graag by ons wil sien. Ons is Sy dissipels. Nes die dissipels wat na Hom geluister het daar teen die berg, so luister ons na die Here, elke keer as ons ons Bybel lees, elke keer as ons met medegelowiges oor ons geloof praat en as ons hier in die kerk kom sit en regtig luister om die Here te hoor.
Ons het na die volgende kentekens al gekyk –
- Vredemakers
- Afhanklikes van God
- Regverdig en geregtigdes
- Sagmoediges
- Treurendes
En vandag hoor ons van Barmhartige wees. Barmhartig vertaal in Engels na ‘mercy’. En ‘mercy’ vir my, is ook in Afrikaans om ‘genadig’ te wees. As ons van God genade ontvang, dan is God teenoor ‘barmhartig’ en as ons vriendelik en genadig is teenoor ons medemens, dan is ons ‘barmhartig’ teenoor hulle.
LEES GERUS VERDER –