Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

Verlede week het ons gekyk na wat Jesus vir sy dissipels gesê het oor Sy opoffering wat Hy vir
hulle sou maak. Hy het op hulle harte geruk deur hulle aan te moedig om Sy liggaam te eet en Sy
sy bloed te drink. Hulle het mooi verstaan dat Hy nie van kannibalisme praat nie, maar dat Hy
word die Paaslam wat vir hulle boete doen by God en dat Hy word die bloed, daardie bloed wat op
die altaar gespat is deur die priester omdat die bloed die essensie van lewe in het(het hulle
geglo), so gee Jesus Sy essensie, Sy wese, wat namens die mens straf ontvang voor God.
Baie van Sy dissipels het omgedraai en weg geloop. Hulle wou nie afsien van hulle aardse gemak
nie. Hulle wou nie glo dat Jesus die plek inneem van hulle ophoudende rituele nie, en dat Hy vir
eens en ver altyd hulle red van die ewige dood nie. Ons tema was toe verlede Sondag – opgee en
padgee – wanneer mens nie regtig met God in verhouding wil tree nie, nadat hulle besef het wat
Jesus vir hulle gedoen het nie, deur Jesus se sterf aan die kruis.

 

Lees gerus die preek ver deur hier onder te druk op die skakel –

sondag-20-augustus-2017-nagmaal-vasberade-en-ywerig

Leave a comment

Adres

1 Kerk Avenue, Ferndale, Randburg, 2194

Kontak Ons

NHK Randburg © 2025. All Rights Reserved.