Elke gelowige, of ons dit wil glo of nie, is verantwoordelik vir die beeld van Christus. Waar ons lewe, werk en speel verklap ons houding, ons oortuigings, ons karakter, iets van wat ons glo. Daarom wys ons lewens hoe afhanklik, lief en getrou ons aan die Here is.
Die direkte vraag wat elke gelowige vir hom/haarself moet vra is – wat vertolk my lewe van my verhouding met die Here en dit wat God van my lewe wil sien?
Die afgelope Sondae het ons na verskeie kentekens gekyk. Hierdie kentekens is ‘n paar riglyne waaraan ‘n volgeling van Christus kan werk, om ‘n sterk spieëlbeeld van Jesus se opdragte aan ons in die wêreld te wees.
LEES GERUS VERDER –