Soos u reeds weet is ek ‘n Blou Bul ondersteuner. Die Bulls, soos hulle genoem word in die Super Rugby reeks, het gister gespeel teen een van die New Zeeland se spanne, die Hurricanes.
Nou vir dié van u wat nie die Super Rugby regtig volg nie is dit belangrik om te weet dat die Hurricanes ‘n baie goeie Rugbyspan is in die Super Rugby reeks. In 2015 het hulle tweede in die reeks geëindig en in 2016 was hulle die kampioene van die Super Rugby reeks en in 2017 het hulle 4de geëindig en oor die algemeen is hulle nog altyd ‘n baie sterk opponent in die reeks.
Die Bulle het die afgelope 5 jaar nogal klippe gekou en ek was nie baie seker of hulle hond haar af gaan maak teen die Hurricanes nie. Inteendeel, as jy na die pawiljoen gekyk het, dan was ek nie die enigste een wat nie regtig iets groots verwag het nie. Ek het gehoop vir ‘n matige verloor teen die Hurricanes, maar soos wat die wedstryd voort gegaan het, het ek my posisie verander. Van waar ek tevrede sou wees met ‘n nabye verloor, het ek geëindig as ‘n trotse ondersteuner van my span!
So is daar baie voorbeelde van waar ons as mense van plan kan verander. Ons stem vandag saam met hierdie
opinie,
standpunt
of mening en môre dink ons dalk weer anders en pas ons ons posisie aan.
Lees gerus verder –