Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

Wie is Jesus Christus?

Jesus is een van die Drie-Eenheid. Ons ken die Vader wat alles gemaak het. Ons ken die Heilige Gees wat God met ons is.

Jesus is die Verlosser. Hy is die Voorbeeld. Hy is die weerkaatsing van God. Hy is liefde.

 

Het u al die winkels se Kersfees uitstallings gesien? Dis nou begin November, maar Kersfees is al op die rakke. Dit laat my dink – waarop moet ek fokus as ek al hierdie uitstallings sien? Ek kies om te dink aan Jesus Christus.

En vra dan die vraag, wie is Jesus vir my? Hoekom gaan ek Kersfees vier en dink aan ‘n babatjie in ‘n krip, aan herders en aan wyse manne en aan Josef en Maria? Hoekom?

Ek gaan aan Jesus dink, want ek is begenadig. Ek is swak, maar ek is sterk. Ek is sondig, maar ek is verlos. Ek is moedeloos, maar ek het hoop.

As ek vir Jesus al hoe beter leer ken dan gee Jesus vir my koers, Hy gee vir my sin en Hy gee vir my werklike lewe.

 

Lees gerus hier verder deur op die skakel te druk – sondag-5-november-2017-jesus-christus-101

Leave a comment

Adres

1 Kerk Avenue, Ferndale, Randburg, 2194

Kontak Ons

NHK Randburg © 2025. All Rights Reserved.