As mense is ons fisies, maar ons is ook geestelik. Ons kan baie aandag gee aan ons uiterlike bestaan, soos ons liggame, ons werk, ons vriende, ons stokperdjies en ons besittings, maar al daardie uiterlike manier van lewe verloor waarde as mens nie dit beoefen, geniet of aanpak met ‘n gesonde gees nie.
Vir ‘n gesonde gees moet ons ons innerlike groei. En dis ons geloof! Jou innerlike, daardie jy daarbinne, moet groei van ‘n buigbare jong boompie na ‘n sterk stewige wilgerboom. En daardie groei vind plaas, elke keer as ons nader aan God kom en aan ons eie karakters bou.
Oor die afgelope paar Sondae het ons juis na kentekens gekyk. Hierdie kentekens is daardie eienskappe wat volgelinge van Christus moet hê. Elke keer as jy groei in hierdie kentekens, versterk dit jou band met God en dit maak jou ‘n mense met vrede in jou hart.
Lees gerus verder –