Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

‘n Ou legende lui dat vier engele staan en toekyk toe God besig was om die wêreld te skep.

Die eerste engel vra toe vir Hom? Here, hoe doen U dit? Dit was waarskynlik die vader van die wetenskaplikes.

Die volgende engel het gestaan en toekyk en gesê: Vader, hoekom doen U dit? Dit was waarskynlik die vader van die filosowe.

Die derde engel het gestaan en toekyk en gesê: Vader, kan ek nie help nie? Dit was waarskynlik die vader van die filantrope.

Die vierde engel het gestaan en toekyk en gevra: Wat is die waarde hiervan? Dit was waarskynlik die eerste eiendomsagent.

Maar daar was ook ‘n vyfde engel waarvan ons lees in die verhaal en hy het in ekstase net gestaan in stilte en toekyk na God se skeppingswerk, dit in die Boek opgeskryf en gestaan en hande klap oor dit wat God geskep het. Die verhaal sê die laaste engel was die naaste aan God se hart. Dit het God die blyste gemaak.

 

MAAK JOU LEWE GOD BLY?

Nou is my vraag hier heel aan die begin vandag vir jou. Maak jou lewe God bly? Wat dink jy van jou lewe sal God bly maak?

 

Gaan luister gerus na die erediens op YOUTUBE –

https://www.youtube.com/watch?v=sG3ve6tEc_E&feature=youtu.be

Leave a comment

Adres

1 Kerk Avenue, Ferndale, Randburg, 2194

Kontak Ons

NHK Randburg © 2025. All Rights Reserved.