Broers en susters in ons Here Jesus Christus,
Vandag is die 6de Lydensondag. In Jesus se tyd was Sy dood net ‘n paar dae weg. Vrydag vier ons Goeie Vrydag. Dit is goed want ons, die mensdom, is deur die Seun van God vry gekoop van ons sonde. Selfsug en dood is oorwin deur liefde en ware lewe.
Ons moet verstaan dat Jesus vir ons ‘n opofferende-geskenk gegee het. Nie ‘n bydra wat ‘n sondige natuur so bietjie kom verlig nie – Nee, ons noem dit – ‘n opofferende-geskenk.
Kan ons die aksent hoor?
Die Engels klink vir my baie meer beskrywend – ‘sacrificial gift’. Dis wat Jesus vir ons gegee het.
Lees gerus verder –