Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

Broers en susters in onse Here Jesus Christus:

Hoe lyk u jaar wat voorlê?
Ons almal het ons dagboeke en ek is seker dat daar ‘n hele klomp dinge beplan lê vir u in hierdie jaar. U het die gemeente se kalender daar agter gesien en u sal sien dat daar baie beplande dinge is vir die jaar by die gemeente. Elke een van ons se beplanning is ook opgedeel in ‘n jaar, ‘n kwartaal, ‘n maand en ‘n week. En ek en jy hardloop in hierdie wieletjie van die more tot die aand.

Miskien sê u, “nie alweer die ou selfde dinge hierdie jaar nie.” Of dalk het u ten minste ‘n paar nuwe dinge vir uself en u gesin ingedagte vir die jaar. Hoe dit ook al sy, ek dink in dit alles, is dit goed om God se oor te hê.

Soms as ek mense vra, “hoe gereeld bid julle?”, dan skram mense weg van die vraag af, of hulle bid ‘n roetine, of hulle bid so dan en wan. Maar as ons na Jesus kyk dan leer ons in hierdie gedeelte ‘n gebruik wat ons, ons eie moet maak. Hierdie gebruik is baie handig wanneer ons ‘n jaar aanpak, ‘n kwartaal, ‘n maand, ‘n week. Hierdie gebruik bemagtig ons en maak ons so sterk dat ons enige dagboek beplanning, uitdaging of struikelblok kan aanvat, uitsorteer en oorkom. Miskien bid u gereeld, maar hierdie vertelling moedig ons aan vir as ons bid.

Lees gerus verder. Druk op hierdie skakel –

http://nhk-randburg.co.za/wp-content/uploads/2022/01/Sondag-16-Januarie-2022-web-weergawe.pdf

Leave a comment

Adres

1 Kerk Avenue, Ferndale, Randburg, 2194

Kontak Ons

NHK Randburg © 2025. All Rights Reserved.