Verlede naweek was Paasnaweek en ons het die dag toe Jesus uit die dood op gestaan het herdenk. Nou is dit die naweek na die Paasnaweek en ons kyk na ‘n gebeurtenis, waar Jesus aan die dissipels verskyn het. Dis die derde keer dat Jesus, na Sy opstanding, aan die dissipels verskyn.
Kan nie niks sit en doen nie
Soos ons gelees het, is van die dissipels in Galilea. Petrus sê vir van die ander dissipels, ‘Manne, ek wil gaan visvang.’ Hulle is by die see van Tiberias wat ook die see van Galilea genoem word. Van die ander dissipels sê vir Petrus, ‘Ons kom saam met jou’.
Onthou, dat baie van hierdie dissipels was vissermanne. Die rede vir waarom Petrus wou gaan vis vang is nie duidelik nie. Miskien was hulle honger. Miskien was hulle verveeld en het iets gesoek om te doen. Hulle het Jesus nou al twee keer gesien. Hulle weet Hy lewe en dalk het hulle vir Hom gesit en wag om weer na hulle toe te kom. Maar hulle kon nie niks sit en doen nie.
Lees gerus verder deur op die skakel te druk hier onder of luister na die boodskap op YouTube –