Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

Broers en susters in onse Here Jesus Christus:

Soos wat ons die nuwe jaar in die gesig staar, sal die meeste van ons ‘n oomblik neem en bewustelik die ou jaar agterlaat en vorentoe kyk na die nuwe jaar. Ons dink daaraan om aan te beweeg – vorentoe te beweeg.
En ek wil vanoggend u aanmoedig om bewustelik u gedagtes oop te maak en ‘n denk skuif te maak. Die verlede is gedoen en afgehandel. Nou is dit tyd om te dink oor die res van jou lewe! Dit gaan nou oor – more. Jou volgende dag – en elke dag wat daarop volg!

Uitbou

Ons almal ken vir Paulus, wat hier skryf aan die gemeente van Filippi, se storie. Paulus het mos met mening die dissipels van Jesus agter na gesit om hulle almal te vang. Ons lees hier dat hy trots was daarop. Sy aardse verwysings was indrukwekkend sê hy in vers 5 en 6 – 5ek is op die agste dag besny, van geboorte ‘n Israeliet, uit die stam Benjamin, ‘n egte Hebreër, in wetsopvatting was ek ‘n Fariseër, 6in my ywer ‘n vervolger van die kerk, in onderhouding van die wet van Moses om vryspraak te kry, onberispelik.

Lees gerus verder. Druk op hierdie skakel –

http://nhk-randburg.co.za/wp-content/uploads/2022/01/Sondag-2-Januarie-2022-web-weergawe.pdf

 

Leave a comment

Adres

1 Kerk Avenue, Ferndale, Randburg, 2194

Kontak Ons

NHK Randburg © 2025. All Rights Reserved.