Broers en susters in onse Here Jesus Christus:
Inleiding
Daar is hierdie drie hoof eienskappe in ons Christenskap. Hulle is = geloof, hoop en liefde. 1 Korintiërs 13 vertel vir ons hoe liefde lyk en dan eindig die hoofstuk met die woorde –
En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!
Dit klink amper, dat as ‘n mens hierdie drie eienskappe beoefen in jou Christenskap dan werk jy met die hoof elemente van ons geloof – geloof, hoop en liefde.
Dit het my laat dink – kan mens ‘n Christen wees, ‘n volgeling van Jesus wees, met net geloof?
Kan mens ‘n Christen wees met net hoop?
Kan mens ‘n Christen wees met net liefde?
Geloof, sê die Bybel, in Hebreërs 11:1 –
Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.
Geloof is ‘n sekerheid. Om dus seker te wees dat daar ‘n God is en om seker te wees dat Hy sy Seun in ons plek ons sondes op Hom laat neem het – is dit genoeg om ‘n Christen te wees? ‘n Werklike volgeling van Jesus?
Miskien nie.
Lees gerus verder deur op hierdie skakel te druk –
Sondag 20 Junie 2021