Broers en susters in onse Here Jesus Christus:
In ons lewens beland mens baie kere voor ‘n vurk in die pad. Gaan jy links gaan of gaan jy regs gaan?
Eintlik staan ons elke dag voor ‘n klomp vurke in die pad.
Jy mag dalk hulp nodig hê in ‘n bepaalde situasie. Gaan jy iemand vra om jou te help of sal jy dit self aanpak?
Iemand vra vir jou vir hulp. Gaan jy help of gaan jy nie help nie?
Soms sien ons die nood raak, maar besluit dat ons nie wil help nie.
Soms verwag ons van ander mense om iets te doen, want dit is hulle werk en hulle spesialiteit. Baie keer is dit hoe die wêreld werk. Ons stel mense aan om ‘n bepaalde werk te verrig sodat dit resultate kan oplewer.
Bv.
‘n Skool het ‘n hoof nodig wat die skool bestuur; ons stel ‘n hoof aan. Die skool moet vakke aanbied en onderwysers word aangestel. Die skool het ‘n tuin wat onderhou moet word en klasse wat skoon gehou moet word en ‘n tuinier en skoonmakers word aangestel ens. So werk die wêreld.
Lees gerus verder –
Sondag 6 Junie 2021